S/2000 J 11 is vermoedelik die tweede verste prograde (met ’n wentelbaan in dieselfde rigting as sy planeet), onreëlmatige maan van Jupiter. Dit is eers beskou as lid van die Himalia-groep,Sheppard, S.S.; Jewitt, D.C.; Porco, C.; "Jupiter's outer satellites and Trojans", in Jupiter: The planet, satellites and magnetosphere, red. Fran Bagenal, Timothy E. Dowling, William B. McKinnon, Cambridge Planetary Science, Vol. 1, Cambridge, VK: Cambridge University Press, , 2004, pp. 263-280 maar sy wenteleienskappe is nie goed bepaal nie.
Die maan is vermoedelik sowat 4 km in deursnee en wentel op ’n gemiddelde afstand van 12 miljoen km elke 274 dae om Jupiter, met ’n inklinasie van 28,2° (tot Jupiter se ewenaar) en met ’n afwyking van 0,21.
Geskiedenis S/2000 J 11 is in 2000 ontdek deur ’n span sterrekundiges van die Universiteit van Hawaii onder Scott S. Sheppard.IAUC 7555: Satellites of Jupiter 5 Januarie 2001 (ontdekking)MPEC 2001-A29: S/2000 J 7, S/2000 J 8, S/2000 J 9, S/2000 J 10, S/2000 J 11 15 Januarie 2001 Dit is vir ’n dekade daarna nie weer gesien nie en is in ’n stadium nie meer as ’n maan van Jupiter beskou nie. Een teorie was dat dit teen ’n ander maan, Himalia, gebots en ’n dowwe ring om Jupiter gevorm het."Lunar marriage may have given Jupiter a ring", New Scientist, 20 Maart 2010, bl. 16.
Dit is egter weer ontdek in waarnemings wat in 2010 en 2011 gemaak is.
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels Ephemeris IAU-MPC NSES Mean orbital parameters NASA JPL Scott Sheppard pages David Jewitt pages
Kategorie:Mane van Jupiter