Die strandaalwyn (Aloe thraskii) is 'n vetplant wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Suid-Afrikaanse ooskus. Dit het 'n enkelstam en die blare is u-vormig na onder gebuig. Die plant dra geel-oranje blomme vanaf Mei tot Juliemaand en groei op die duine en in kusbos. Die plant kom altyd in groepe voor en lok baie bye en voëls.
Die aalwyn word as 'n boom beskou en sy FSA-nommer is 30.7https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
thraskii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika