Die Duine-olienhout (Olea exasperata) is 'n boom wat tot 7 m hoog word en endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor, vanaf Melkbosstrand tot by Oos-London .Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys.

Die boom het dun leeragtige blare wat in pare voorkom en wit blomme aan die punte van blaarlose takkies. Die blomme verskyn van November tot Februarie. Die vrugte is ovaalvormig en persswart. Die wortels is gebruik as teengif vir slangbyt.

Die boom se FSA-nommer is 619.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Olea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika