duimnael|250px|Varktjops
'n Tjop of kotelet is 'n vleissnit wat reghoekig met die rugstring gesny (of gesaag) is. Dit bevat gewoonlik 'n ribbebeen of 'n deel van die ribbes en word as 'n enkele porsie bedien. Lam, skaap en vark is die algemeenste bron van tjops, maar ook wildstjops is in gebruik.
Die benaming "tjop" word nie vir beesvleis gebruik nie, maar 'n T-been biefstuk (steak) is in der waarheid 'n beeslendetjop, en 'n "rib steak" 'n beesribtjop.
Kookkuns duimnael|Lamtjops en kool duimnael|250px|'n Braairooster gepak met varktjops en boerewors.
Tjops kan op verskillende maniere gaargemaak word, bv. gerooster of pangebraai, gesoteer, gesmoor, gebak of gebraai oor kole. Lamtjops word gereeld met droë hitte gaargemaak, gerooster of pangebraai. Varktjops word gebraai oor kole, gerooster, gesoteer, gesmoor of gebak.
Sien ook Braai Boerewors Mieliepap Potjiekos Skilpadjies
Eksterne skakels Resep vir gevulde skaaptjops, Sarie Resep vir skaaptjops met knoffel en suurlemoen op boerekos.com
Kategorie:Braai Kategorie:Vleis