Die duinekraaibessie (Searsia crenata) is 'n kusstruik wat endemies aan Suid-Afrika is en aan die kus in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap voorkom. Op die SANBI-rooilys word dit as 'veilig' gelys. Die struik word tot 2 m hoog. Die blare is drieledig en dig. Hulle is grysgroen bo en geelgroen onder. Die struik dra klein, roomwit blomme in die herfs en swart bessies in die winter.

Die boom se FSA-nommer is 380.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne

Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007 Plants of the World Online REDLIST Sanbi

crenata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante