Die Natalse rotsoester (Saccostrea cucullata) is 'n tweekleppige seediertjie wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika. Die oester word tot 7 cm lank. Die oester heg hom aan die rotse vas met die onderste klep wat diep en hol is. Die boonste klep is kleiner en platterig. Die rante van beide die kleppe is gevou of gekartel. Die oester kom voor in die tussengetysone, maar meer aan die bokant daarvan in rotsagtige gebiede waar hulle kolonies vorm. Die oesters is eetbaar maar die Kaapse oester word bo dié oester verkies.
Bronne World Register of Marine Species Saccostrea cucullata (Born, 1778) AphiaID: 181316 Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Kategorie:Tweekleppiges