duimnael|regs|Die el as lengte is gebaseer op die lengte van die hand en voorarm. duimnael|regs|Lengtemate aangedui aan die Ou Raadhuis in Regensburg, Duitsland. Die inskrif lui: "die stadsschuch[,] die stadsöln en die stadsklafter", wat onderskeidelik beteken: die stad-voet (middel), -el (regs), en -vaam (links). 'n El is 'n ou lengtemaat, ongeveer so lank as 'n gemiddelde persoon se hand en voorarm. 'n El strek vanaf die elmboog tot die punt van die middelvinger. Dit was 'n eenvoudige manier om lengtes vinnig te kon opmeet. Die presiese lengte van 'n el het egter van een land na 'n ander, en binne 'n land selfs van een handelsentrum na 'n volgende verskil. As voorbeeld:

Amsterdamse el 68,8 cmBrabantse el 69,2 cmDelfiese el 68,2 cmGoesiese el 69 cmHaagse of gewone el 69,4 cmTwentse el 58,7 cmWase el 69,8 cm in winkels; 72,8 cm stof; 76,5 cm ruwe stofDendermondse el 69,6 cm in winkels; 73,1 cm op die mark

Kategorie:Maateenhede Kategorie:Lengtemate