duimnael|’n Twintig20-wedstryd tussen Engeland en Sri Lanka in volle swang. Twintig20-wedstryde word as gevolg van die korte duur daarvan dikwels in die aand en dus met ’n wit bal gespeel duimnael|’n Indiese Premierligawedstryd op die Chepaukstadion tussen Chennai Super Kings en Kolkata Knight Riders duimnael|Die Sri Lankaanse Lasith Malinga boul teen die Pakistanse Shahid Afridi tydens die T20I-wêreldbeker 2009 se eindstryd op Lord’s in Londen duimnael|Perth Scorchers teen Hobart Hurricanes by die WACA tydens die BBL 01 (2011)
Twintig20 (afgekort T20) is ’n krieketformaat waar twee spanne elk 20 boulbeurte kry om vinnig soveel lopies moontlik te slaan. Dit is ’n relatief nuwe vorm van krieket en ’n wedstryd neem gewoonlik nie langer as drie uur nie. Twintig20 is in 2003 in Engeland bekendgestel. Die doel van die korter formaat is om krieket aantrekliker vir televisiekykers te maak.
Sedert 2005 word Twintig20-wedstryde in internasionale verband gespeel (T20I). Sedert 2007 word daar ook in die T20I-wêreldbeker aangebied en sedert 2009 die T20I-vrouewêreldbeker. Die mees onlangse T20I-wêreldbeker 2026 is in Indië en Sri Lanka aangebied en deur Indië gewen. Die volgende T20I-vrouewêreldbeker 2026 word in Engeland beslis.
Plaaslik Dit is ’n lys van die huidige Twenty20-binnelandse kompetisies in verskeie van die voorste krieketlande. Elke volle lidland beskik oor minstens een plaaslike T20-liga.
Nasie Plaaslike kompetisie Aantal spanne Shpageeza Krieketliga, Nasionale T20-beker 5, 5 Big Bash League 8 Bangladesj Premierliga, Nasionale Krieketliga Twintig20 6, 8 T20 Blast 18 Inter-provinsiale trofee 4 Indiese Premierliga, Syed Mushtaq Ali-trofee 10, 38 Globale T20 Kanada 6 Nederlandse Twintig20-beker 16 Super Smash 6 Nepal Premierliga 8 Pakistanse Superliga, Nasionale T20-beker, T20-Kampioenebeker 8, 8, 6 Murgitroyd Twintig20, Plaaslike Proreeks 4, 3 Sri Lanka Premierliga 5 Mzansi Superliga, CSA Provinsiale T20 Cup, SA20 6, 15, 6 Internasionale Liga T20 6 Major League Cricket 6 Karibbiese Premierliga 6 Stanbic Bank 20 Series 5
Multinasionale kompetisies As gevolg van die wêreldwye groei van T20-krieket word daar ook multinasionale toernooie beslis.
Gasheer Plaaslike kompetisie Aantal spanne Globale Superliga 5, , Europese T20-Premierliga 6
Eksterne skakels