300px|thumb|Die asteroïede van die binneste Sonnestelsel en Jupiter. Die gordel lê tussen die wentelbane van Jupiter en Mars.
Die asteroïedgordel of asteroïdegordel is 'n torusvormige streek in die Sonnestelsel, rofweg tussen die wentelbane van Jupiter en Mars. Dit bestaan uit talle soliede, onreëlmatig gevormde liggame wat asteroïede genoem word. Die gordel word ook die hoofasteroïedgordel genoem, aangesien daar ander asteroïede ook in die Sonnestelsel is, soos die nabyaardevoorwerpe en trojane.
Die asteroïedgordel is die kleinste sirkumstellêre gordel in die Sonnestelsel en die naaste een aan die Son. Klein Sonnestelselliggame in ander streke is die nabyaardevoorwerpe, sentoure, Kuipergordelvoorwerpe, verstrooideskyfvoorwerpe, die sednoiëde en die Oortwolkvoorwerpe. Die vier grootste asteroïede maak sowat 60% van die hoofgordel uit. Hulle is: Ceres, Vesta, Pallas en Hugiëia. Die algehele massa van die gordel is na raming sowat 3% van dié van die Maan.
Ceres, die enigste voorwerp in die gordel wat groot genoeg is om 'n dwergplaneet te wees, se deursnee is sowat 950 km, terwyl Vesta, Pallas en Hugiëia se deursnee minder as 600 km is. Die oorblywende liggame is tot slegs 'n paar meter elk breed. Die aseroïede is so yl versprei dat verskeie onbemande ruimtetuie al sonder enige voorvalle daardeur gevlieg het.
Nogtans kom botsings tussen groot asteroïede voor en dan kan asteroïedfamilies ontstaan, waarvan die lede ooreenkomstige wentelbaaneienskappe en samestellings het. Individuele asteroïede in die gordel word gekategoriseer volgens hulle spektrum; die meeste val in drie basiese groepe: koolstofdraend (C-tipe), silikaatasteroïede (S-tipe) en metaalryk (M-tipe).
Die asteroïedgordel het uit die oersonnewel ontstaan as 'n groep planetesimale, die kleiner voorlopers van protoplanete. Die swaartekragversteurings deur Jupiter het egter tussen Mars en Jupiter gekeer dat hulle in 'n planeet saamsmelt. As gevolg van die verstrooiing van die plantesimale het 99,9% van die gordel se oorspronklike massa in die eerste 100 miljoen jaar van die Sonnestelsel se geskiedenis verlore gegaan.
Oorsprong links|300px|thumb|Ceres, verreweg die grootste liggaam in die asteroïedgordel. Die gordel se massa is aansienlik kleiner as Pluto s'n, en rofweg twee keer dié van Pluto se maan, Charon. Vorming In 1802, kort ná die ontdekking van Pallas, het Heinrich Wilhelm Olbers aan William Herschel voorgestel dat Ceres en Pallas fragmente van ’n hipotetiese, veel groter planeet, Faëton, is wat eens in die Mars-Jupiter-streek voorgekom het en baie miljoene jare tevore ontplof het of deur ’n komeet getref is. (Die sterrekundige K.N. Sawtsjenko van Odesa het voorgestel Ceres, Pallas, Juno en Vesta is ontsnapte mane eerder as fragmente van ’n planeet wat ontplof het). Die groot energie wat nodig is om ’n planeet te laat ontplof en die gordel se klein massa, wat net sowat 3% van die Maan s’n is, ondersteun nie die hipotese nie. Verder maak die aansienlike chemiese verskille tussen die asteroïede dit moeilik om te verduidelik as hulle fragmente van een planeet is. In 2018 is in ’n studie deur navorsers aan die Universiteit van Florida bevind die asteroïedgordel is geskep deur oorblyfsels van verskeie antieke protoplanete en nie net een planeet nie.
Die huidige hipotese is dat die asteroïedgordel uit die oersonnewel ontstaan het as ’n groep planetesimale. Planetesimale is die kleiner voorlopers van protoplanete. Die sonnewelhipotese oor die vorming van die Sonnestelsel stem ooreen met die lank bestaande hipotese oor die ontstaan van planeetstelsels in die algemeen: ’n Wolk van interstellêre stof en gas het ingestort onder die invloed van swaartekrag en ’n draaiende kolk materiaal gevorm wat verder ineengedruk is om die Son en planete te vorm. Gedurende die eerste paar miljoen jaar van die Sonnestelsel se geskiedenis het ’n akkresieskyf gevorm waarin klewerige klein deeltjies teen mekaar gebots, aan mekaar gekleef en eindelik groter klonte gevorm het. Sodra die klonte groot genoeg was, het hulle ander materie aangetrek en planetesimale gevorm. Hulle het aanhou groei en die planete gevorm.
Tussen Mars en Jupiter het swaartekragversteurings deur Jupiter dit onmoontlik gemaak dat die materie planete kon vorm. Hulle het eerder om die Son bly wentel en soms teen mekaar gebots. Die botsings het te heftig geraak en in plaas van saamsmelt, het die planetesimale en die meeste van die protoplanete uitmekaargespat. As gevolg daarvan het 99,9% van die gordel se aanvanklike massa in die eerste 100 miljoen jaar van die Sonnestel se geskiedenis verlore gegaan.
Sommige fragmente het eindelik in die binneste Sonnestelsel beland en tot meteoorbotsings teen die binneplanete gelei. Die asteroïede se wentelbane word steeds ontwrig wanneer hulle wentelperiodes om die Son ’n baanresonansie met Jupiter vorm. Teen hierdie wentelafstande kom ’n Kirkwoodgaping voor wanneer hulle in ander wentelbane geskuif word.
Evolusie Die asteroïede is nie oorblyfsels van die aanvanklike Sonnestelsel nie. Hulle het sedert hulle vorming aansienlike evolusie ondergaan, insluitende interne verhitting (in die eerste paar miljoene jare), oppervlaksmelting vanweë botsings, ruimteverwering vanweë straling en ’n bombardement deur mikrometeoriete. Hoewel sommige wetenskaplikes hulle oorblyfsels van planetesimale noem, beskou ander hulle as ’n aparte verskynsel.
thumb|220px|951 Gaspra, die eerste asteroïed wat deur 'n ruimtetuig afgeneem is, soos gesien met Galileo se 1991-verbyvlug (kleure is helderder gemaak). Die massa van die huidige asteroïedgordel is vermoedelik net ’n fraksie van dié van die oorspronklike gordel. Volgens rekenaarsimulasies kon die oorspronklike gordel se massa met dié van die Aarde ooreengestem het. Die meeste materiaal is binne ’n miljoen jaar ná hulle vorming uit die gordel gewerp, hoofsaaklik weens swaartekragsteurings, en so het minder as 0,1% van die oorspronklike massa oorgebly. Sedert die gordel se vorming het die grootteverspreiding daarvan redelik stabiel gebly: Daar was nie ’n aansienlike toe- of afname in die tipiese grootte van die hoofgordelasteroïede nie.
Die baanresonansie van 4:1 met Jupiter, by ’n radius van 2,06 AE, kan beskou word as die binneste grens van die asteroïedgordel. Versteurings deur Jupiter stuur liggame wat daarheen afwyk in onstabiele wentelbane. Die meeste liggame wat in die radius van hierdie gaping ontstaan het, is in die vroeë geskiedenis van die Sonnestelsel deur Mars aangetrek (wat ’n afelium by 1,67 AE het) of deur sy swaartekragsteurings weggewerp. Die Hungaria-asteroïede is nader aan die Son as die 4:1-resonansie, maar word deur hulle groot baanhellings beskerm.
Toe die asteroïede aanvanklik gevorm het, het die temperature op ’n afstand van 2,7 AE van die Son af ’n "sneeulyn" onder die vriespunt van water gevorm. Planetesimale wat verder weg van die Son gevorm het, het ys aangetrek. In 2006 is aangekondig ’n groep komete is in die asteroïedgordel anderkant die sneeulyn ontdek, en hulle het dalk die water verskaf vir die Aarde se oseane. Volgens sommige modelle het te min water tydens die vorming van die Aarde ontstaan om oseane te vorm, wat beteken ’n bron van buite, soos ’n bombardement deur komete, was nodig.
Eienskappe
In teenstelling met die algemene opvatting is die asteroïedgordel hoofsaaklik leeg. Die asteroïede is oor so ’n groot volume versprei dat dit onwaarskynlik sou wees om een te bereik sonder om noukeurig te mik. Nietemin is honderdduisende asteroïede tans bekend, en die totaal is in die miljoene of meer, afhangend van die onderste grootte-afsnypunt.
Meer as 200 asteroïede is sover bekend groter as 100 km, – search for asteroids in the main belt regions with a diameter >100. en ’n opname in die infrarooi golflengtes het getoon die gordel bevat tussen 700 000 en 1,7 miljoen asteroïede met ’n deursnee van 1 km of meer.
Die aantal asteroïede in die hoofgordel neem geleidelik toe namate die grootte afneem. Die meeste groter as ongeveer in deursnee is oerliggame, aangesien hulle die akkresie-epog oorleef het, terwyl die meeste kleiner asteroïede die produkte is van fragmentasie van oerasteroïede.
Die gemiddelde afstand tussen die asteroïede is omtrent 965 600 km, hoewel dit tussen asteroïedfamilies wissel en kleiner, onopgespoorde asteroïede selfs nader aan mekaar kan wees.
Die totale massa van die gordel word geraam op kg, wat 3% van die massa van die Maan is. Die vier grootste voorwerpe – Ceres, Vesta, Pallas en Hugiëia – bevat na raming 62% van die gordel se totale massa, waarvan 39% alleen deur Ceres uitgemaak word.
Samestelling 300px|thumb|Die verspreiding van spektraaltipes asteroïede volgens hulle afstand van die Son af.
Die hedendaagse gordel bestaan hoofsaaklik uit drie kategorieë asteroïede: C-tipe koolstofhoudende, S-tipe slikaat- en ’n hibriedgroep X-tipe asteroïede. Die hibriedgroep het kenmerklose spektrums, maar hulle kan in drie groepe verdeel word op grond van weerkaatsing: die M-tipe metaalryke, P-tipe primitiewe en E-tipe enstatiet-asteroïede. Nog tipes is ontdek wat nie in dié primêre klasse pas nie. Daar is ’n samestellingstendens van asteroïedtipes volgens toenemende afstand van die Son af, in die volgorde S-, C-, P- en die spektraalkenmerklose D-tipe.
thumb|links|240px|'n Fragment van die Allende-meteoriet, ’n koolstofhoudende chondriet wat in 1969 in Mexiko geval het. Koolstofhoudende asteroïede, soos hulle naam aandui, is ryk aan koolstof. Hulle oorheers die asteroïedgordel se buitestreke en is skaars in die binneste gordel. Saam maak hulle meer as 75% van die sigbare asteroïede uit. Hulle is rooier as die ander asteroïede en het ’n lae albedo. Hulle oppervlaksamestellings is soortgelyk aan dié van koolstofhoudende chondrietmeteoriete. Chemies stem hulle spektrums ooreen met die oersamestelling van die vroeë Sonnestelsel, met waterstof, helium en vlugtige stowwe verwyder.
S-tipe (silikaatryke) asteroïede is algemener naby die binneste deel van die gordel, binne 2,5 AE van die Son af. Die spektrums van hulle oppervlakke toon die teenwoordigheid van silikate en ’n mate van metaal, maar geen beduidende koolstofhoudende verbindings nie. Dit dui daarop dat hulle materiale aansienlik van hulle oertoestand verander is, waarskynlik deur smelting en hervorming. Hulle het ’n relatief hoë albedo en vorm ongeveer 17% van die totale asteroïedbevolking.
M-tipe (metaalryke) asteroïede word gewoonlik in die middel van die hoofgordel aangetref, en hulle vorm die grootste deel van die oorblywende bevolking. Hulle spektrums lyk soos dié van ysternikkel. Sommige word vermoedelik gevorm uit die metaalkerns van gedifferensieerde voorloperliggame wat deur botsings vernietig is. Nietemin kan sommige silikaatverbindings ’n soortgelyke voorkoms veroorsaak. So lyk die groot M-tipe asteroïed 22 Kalliope of dit nie hoofsaaklik uit metaal saamgestel is nie. Dit is nog nie duidelik of alle M-tipes samestellingsgewys soortgelyk is, en of dit ’n aanduiding is van verskeie variante wat nie netjies in die hoofklasse C en S pas nie.