Die septeeboom (Cordia afra) is 'n boom wat merendeels as 'n struik groei maar word 'n middelgroot boom op die rante van woude. Hulle aard nie in woude nie want hulle het genoegsame lig nodig om te groei. Die spesie kom vanaf die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot by Limpopo voor. Dit is ook inheems in Botswana, Eswatini, Madagaskar, Mosambiek en Namibië. Die boom se FSA-nommer is 652.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Blare en vrugte Die blare is enkelvoudig, afwisselend en word op lang, dun blaarstele gedra. Die boom het 'n welriekende, wit, klokvormige blom van sowat 10 cm lank. Die vrug is 1,2 cm in deursnee en is oranje wanneer dit ryp is. Die vrug word omsluit deur die blomkelk wat dikwels aan die boom bly nadat die vrug afgeval het.
Bas Die bas is glad en lyk asof dit geverf of vernis is - kenmerkend van die boom. Die bas skilfer ook onreëlmatig af sodat dit herinner aan 'n lekkerbreek of koejawelboom.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
afra Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika