Die Abiekwasgeelhout of Dabbie (Tamarix usneoides) is nie 'n ware Geelhout nie, maar 'n struikerige Tamariskboom wat in die Wes-, Noord-Kaap, Angola en Namibië aangetref word. Dit groei veral langs die kuslyn, brakkerige rivieroewers en langs droë rivierbeddings. Dit het fyn, skubagtige loof, en die blomme word laatwinter in digte bloeiwyses gedra. Elke blom kan duisende sade voortbring wat elk deur kapsule omvat word met 'n haartossel aan die apeks.

Die boom se FSA-nommer is 487.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Tamarix usneoides , Plantzafrica

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika