Die Laventelboom (Heteropyxis natalensis) kom as 'n klein boompie of struik voor. Die boom kom noord van die Vaalrivier en in die suide van KwaZulu-Natal voor, noordwaarts tot in Eswatini, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe. Die boom groei graag op klipperige heuwels, termiethope, in bosveld en op die rande van woude. Die takkies en blare ruik na laventel indien dit gekneus word. Die bas skilfer af en is grys tot witbont van kleur.

In Engels staan die boom bekend as Weeping lavender tree. Die boom was voorheen onder die familie Heteropyxidaceae geklassifiseer.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi

natalensis Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe