Die enkelblaarkiepersol (Cussonia natalensis) is 'n boom wat voorkom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo asook Eswatini en Zimbabwe. Die blare is enkelvoudig, wat ongewoon is vir hierdie genus, en is vyflobbig. Hulle het meestal stompgetande rande. Die boom staan ook bekend as die rotskiepersol.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika natalensis Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe