Wayuu (Wayuunaiki, [wajunaiki]) is die belangrikste inheemse taal in Venezuela en Colombia wat deur sowat 321 000 mense gepraat word. Dit is nou verwant aan die kleiner Venezuelaanse taal – Añú (30–50 sprekers); albei behoort aan die Arawaktale. Hulle vorm saam deel van die Noord-Arawak-taalfamilie. Wayuu word veral op die Guajira-skiereiland in die noordooste van Colombia en in die noordweste van Venezuela aan die Karibiese See net noord van die Maracaibomeer gepraat.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Inheemse tale van die Amerikas Kategorie:Tale van Colombia Kategorie:Tale van Venezuela