Fikile Mbalula (gebore op 4 Augustus 1971 te Adelaide, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die 17de Sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC). Hy was voor hierdie pos die land se Minister van Vervoer. Hy is 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). Mbalula het vantevore as die Adjunkminister en later as Minister van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien en is 'n voormalige president en sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga.Who;s Who SA , besoek op 6 Julie 2012

Loopbaan Mbalula is in Augustus 2004 tot president van die ANC-jeugliga verkies, nadat hy voorheen die pos van sekretaris-generaal beklee het.ANC Youth League calls on members to put country first SABC

Hy word beskou as die persoon wat president Thabo Mbeki in die posisie help plaas het, en wat uiteindelik verantwoordelik was vir Mbeki se afsetting as leier van die ANC.Zuma's NWC vs Mbeki's cabinet Independent Online Sy ondersteuning is ook al beskryf as die sleutel tot Zuma se presidentskap.Zuma backers urge new direction News.com.au

Mbalula is in Desember 2007 tot die ANC-NUK verkies by die party se Polokwane-konferensie. Volgens stemme behaal hy die 15de plek.Meet Jacob Zuma's A-team IOL Daarna het hy uitgetree as die president van die ANC-jeugliga. Hy was 36 jaar oud en kon weens sy ouderdom nie meer 'n lid van die jeugliga wees nie.ANCYL president to retire at 36 News24

Hy het die kandidatuur van Julius Malema as sy opvolger as president van die Jeugliga ondersteun, wat beskou is as 'n skuif om die Jeugliga se steun vir Zuma te verseker.Malema elected as new ANCYL leader Mail & Guardian Tydens die algemene verkiesing van 2009 was Mbalula die bestuurder van die ANC se verkiesingsveldtog, wat as hoogs suksesvol beskou is.Slick party machinery wins the day Business Day

Mbalula is in Mei 2009 deur Zuma as die adjunkminister van polisie aangestel en was van November 2010 tot Maart 2017 die minister van sport en ontspanning nadat president Zuma sy kabinet geskommel het.New Cabinet – full appointments News24 Hy is aangestel na steunwerwing van die ANC-jeugligaANCYL wants its cadres in top posts SowetanSpeculation about Zuma's cabinet News24 en, volgens mediaspekulasie, moontlik ook as 'n beloning vir sy lojaliteit teenoor Zuma.Zuma's Cabinet: Who's in? News24

Tussen 31 Maart 2017 en 26 Februarie 2018 dien hy as die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie in die kabinet van Jacob Zuma. Van Mei 2019 tot 6 Maart 2023 was hy die Minister van Vervoer onder president Ramaphosa, maar het sy kabinetspos ontruim nadat hy in Desember 2022 as die 17de Sekretaris-generaal van die African National Congress verkies is.

Verwysings

Eksterne skakels Fikile Mbalula op People's Assembly

Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van polisie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van sport en ontspanning Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van vervoer Kategorie:Xhosas