Lamiaceae is 'n familie van blomplante wat algemeen as die salie- of mentfamilie bekendstaan. Die familie behoort tot die orde Lamiales en kom wêreldwyd voor, en die plante is gewoonlik kruie of struike. Daar hoort 6 900 spesies tot die familie wêreldwyd waarvan 75 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 15 bome. Die blare is enkelvoudig en teenoorstaande met een paar reghoekig teenoor die volgende geplaas. Die familie het dikwels kliere en ruik lekker wanneer dit gekneus of gebreek word. Baie van die spesies se blomme is spesifiek aangepas om bestuiwing deur insekte te bevorder. Hierdie familie voorsien baie geurmiddels vir kos: kruisement, basielkruid, salie, roosmaryn en tiemie.
Boomspesies Van die Suider-Afrikaanse spesies is: Bruinbekvingerblaar (Vitex payos) Growweblaarkatsnorbosse (Rotheca myricoides) Keivingerblaar (Vitex obovata) Noordelike perssambreelblom (Karomia tettensis) Perssambreelblom (Karomia speciosa) Stinkbessievingerblaar (Vitex mombassae) Witblomtontelhout (Clerodendrum glabrum)
Plantspesies Pienksalie (Orthosiphon labiatus) Spoorsalie (Plectranthus fruticosus) Tiemie Watersalie (Tetradenia riparia)
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies