Die kinaboom (Rauvolfia afra) is 'n boom wat deel van die Apocynaceae familie is. Die spesie is inheems in Angola, Benin, Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eswatini, Gaboen, Golf van Guinee-eilande, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tsjad, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Dit is 'n klein tot middelslag boom en word altyd naby water gevind aan stroom-oewers. In Engels staan die boom as die quinine-tree en Afrikaans ook as die koorsboom en waterboekenhout bekend.

Blare Die blare word in kranse van drie tot vyf gedra en die blaarrande neig om met die blaarsteel saam te smelt.

Vrugte Die vrugte word in pare on enkel gedra en is vlesig, ongeveer 13 cm in deursnee. Die vrugte word swart en verrimpel wanneer hulle ryp is.

Medisinale waarde Die sap van die boom is melkerig, dun en bitter. Dit was voorheen teem malaria gebruik maar word tans as ondoeltreffend beskou. Die wortelbas bevat reserpien wat as kalmeermiddel gebruik word en ook teen hoë bloeddruk.

Galery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys REDLIST Sanbi Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Kategorie:Rauvolfia Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ekwatoriaal-Guinee Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Soedan Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe