Die wildefrangipani (Voacanga thouarsii) is 'n klein tot middelslag boom wat voorkom in KwaZulu-Natal en aangrensende Oos-Kaap. Die boom groei op rande van immergroen woude en in moerasse waar hulle soms lugwortels ontwikkel. Die blare is teenoorstaande gerangskik, is lig aan die onderkant en dikwels met stippels en ligkleurige kolletjies bedek.
Blomme en vrugte Die wit blomme is tot 4.5 cm in deursnee en verdof later tot geel. Hulle het 'n taamlike skerp geur. Die ovaalvormige, tweelingvrugte is by die basis verbind met elke lob 7 – 9 cm in deursnee. Hulle is donkergroen met liggroen stippeltjies.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika