Die Stamvrug (Englerophytum magalismontanum) – voorheen Bequaertiodendron magalismontanum – is 'n klein tot middelgroot boom.

Die boom se FSA-nommer is 582.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Verspreiding In Suid-Afrika kom die spesie wydverspreid noord van die Vaalrivier en in die noorde van KwaZulu-Natal voor; dit is inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Buite Suid-Afrika is die plant inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Beskrywing Die blare is glansend en donkergroen en word soms met 'n waslaag bedek wat maklik afgevryf kan word. Die jong blare is hoekig vanaf die stam en bedek met rooibruin hare. Die parallelle sy-are is onopvallend en die onderkant van die blare is bedek met hare wat rooibruin tot liggeel en soms silwerig is.

Vrugte Die vrugte van die boom word dig saamgepak langs die ouhout wat aanleiding gee tot die naam Stamvrug. Die vrug is rooi wanneer dit ryp is. Die vrugte is eetbaar en redelik soet maar smaak vrank. Die vrugte het 'n hoë vitamien C inhoud. Dit word gebruik om wyn, brandewyn, stroop en tertjellie mee te maak.

Fotogalery

Sinonieme Die plant het 22 sinonieme:

Bequaertiodendron magalismontanum (Sond.) Heine & J.H.Hemsl. Boivinella argyrophylla (Hiern) Aubrév. & Pellegr. Boivinella wilmsii (Engl.) Aubrév. & Pellegr. Chrysophyllum antunesii Engl. Chrysophyllum argyrophyllum Hiern Chrysophyllum carvalhoi Engl. Chrysophyllum gossweileri De Wild. Chrysophyllum lujae De Wild. Chrysophyllum magalismontanum Sond. Chrysophyllum mohorense Engl. Chrysophyllum wilmsii Engl. Neoboivinella argyrophylla (Hiern) Aubrév. & Pellegr. Neoboivinella gossweileri (De Wild.) Liben Neoboivinella wilmsii (Engl.) Aubrév. & Pellegr. Pachystela antunesii (Engl.) Lecomte Pachystela argyrophylla (Hiern) Lecomte Pachystela magalismontana (Sond.) Lecomte Pouteria magalismontana (Sond.) A.Meeuse Pouteria antunesii (Engl.) Baehni Sideroxylon randii S.Moore Zeyherella gossweileri (De Wild.) Aubrév. & Pellegr. Zeyherella magalismontana (Sond.) Aubrév. & Pellegr.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika magalismontanum Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe