Die Oorlogskloof-natuurreservaat is in die Noord-Kaap geleë, 20 km suid van Nieuwoudtville en is in 1983 gestig. Die reservaat is 4 776 ha groot. Die westelike kant grens aan die Knersvlakte. Daar is verskeie wandelpaaie en rotstekeninge in die reservaat.
Flora
Die dissel Berkheya chrysanthemoidesREDLIST Sanbi is endemies aan die reservaat en die waboom (Protea nitida) word ook hier aangetref.
Vislewe Die volgende vier visspesies word in die riviere van die reservaat aangetref: Clanwilliam-geelvis, Clanwilliam-sandvis, dikkop-ghieliemientjie en die Clanwilliam-saagvin.
Verwysings
Bronne
Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in die Noord-Kaap