250px|duimnael|regs|Die verwantskapslande Die verwantskapslande (Nederlands: verwantschapslanden) is die lande wat kultureel nou verwant is aan Nederland of België. Dikwels was in hierdie lande lank 'n Nederlandse koloniale mag, wat sy spore in die land saam gebring het.
Die belangrikste verwantskapslande is: 20px Aruba 20px Curaçao 20px Indonesië 20px Sint Maarten 20px Suid-Afrika (Nederlandse Kaapkolonie/VOC verversingspos - Kaapstad) 20px Suriname Aruba, Curaçao en Sint Maarten is tans nog outonome lande binne die Koninkryk der Nederlande en het dieselfde status as hul ou moederland, Nederland.
Suid-Afrika is die land met die meeste inwoners van Nederlandse afkoms. Die skattings loop uiteen van 3 tot 7 miljoen mense wat Nederlandse voorouers het. Veral die Afrikaners en Kleurlinge is kultureel, taalkundig en geneties nou verwant met die Nederlanders en Vlaminge.
Soms is ook die lande ingeskakel waar die Nederlanders, die Nederlandse taal en kultuur lankal verdwyn het. In hierdie lande herinner dikwels net Nederlandse argitektuur aan voormalige Nederlandse aanwesigheid. Hierdie lande is: 20px Ghana (Nederlandse Goudkus - Elmina) 20px Guyana (Essequibo, Demerara en Berbice - Stabroek) 20px Mauritius 20px Sri Lanka (Ceylon - Galle)
In Sri Lanka is die Burgher-bevolkingsgroep deels van Nederlandse afkoms.
Kategorie:Kultuur in België Kategorie:Kultuur in Nederland Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika