Die bosveldharpuisboom (Ozoroa paniculosa) is 'n immergroen boom wat aan die familie van mango-agtiges (Anacardiaceae) behoort. Dit kom algemeen rondom Pretoria en Johannesburg voor, asook in die Noordwes en Limpopo. Die spesie is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Namibië.
Die boom word gemiddeld 4 meter hoog. Die vrugte is ongeveer 7 x 10 mm groot en lewer 'n vlugtige sowel as nie-vlugtige olie. Die vloeistof in die bas en wortels word hard sodra dit aan lug blootgestel word.
Ander name sluit in die (gewone) harpuisboom of harsbessie. Die Engelse naam is "Common resin tree", terwyl dit in Tswana as die "Monokane" bekend staan.
Die boom se FSA-nommer is 375.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Ozoroa Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika