Die nanabessie (Searsia dentata) is 'n klein boompie wat hoofsaaklik in die ooste van Suid-Afrika voorkom: Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Oos-Kaap en die Vrystaat. Die plant is ook inheems aan Eswatini, Lesotho, Mosambiek en Zimbabwe. Die blaartjies is getand. In die herfs kry die blare helder kleure en die vrugte verkleur tot bruin, oranje of rooi. Die vrugte is ongeveer 4 mm in deursnee.

Die boom se FSA-nommer is 381.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

dentata Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe