Die sambokpeul (Cassia abbreviata) is 'n kleinerige boom in die Fabaceae familie. Daar is reeds drie subspesies aangeteken. Die boom se FSA-nommer is 212.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Beskrywing Die boom wat tot 6 m hoog kan word het 'n geronde kroon en taamlik oorhangende takke. Die saamgestelde blare is ongeveer 30 cm lank met 5 tot 12 pare blaartjies wat soms fluweelagtig is. Die blomme is ongeveer 4 cm in deursnee. Die peule is fluweelagtig, silindries, goudbruin tot bruin en tot 90 cm lank.
Verspreiding Die boom kom voor in Limpopo en Mpumalanga. Buite Suid-Afrika is die boom inheems aan Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. PlantzAfrica REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika abbreviata Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe