Die Karooboerboon (Schotia afra) is 'n boom in die Fabaceae familie wat in Suider-Afrika voorkom.

Die boom se FSA-nommer is 201.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Subspesies Die spesie het twee subspesies: Schotia afra var. afra Schotia afra var. angustifolia (E.Mey.) Harv.

Beskrywing Dit is 'n klein, kwasterige, veelvertakte boom met stywe, ligkleurige takke. Die blaartjies is sowat 5 tot 25 mm lank en 1,5 tot 10 mm wyd. Die blare word deur vee gevreet.

Verspreiding Die boom kom voor in die Karoo, rotsagtige halfwoestyn gebiede van die Wes-Kaap en in die struikveld langs die Sondags- en Groot-Visrivier in die Oos-Kaap.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Schotia Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika