Die Vlamdoring (Senegalia ataxacantha) is 'n boom wat wydverspreid voorkom in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die noordkusgebiede van die Oos-Kaap. Die spesie kom wydverspreid in Afrika voor, van Senegal tot Soedan en verder na die suide tot Suid-Afrika.
Die kenmerkende eienskap van die boom is die vlamrooi peul wat die boom mooi laat lyk wanneer dit bedek is met die peule. Die blomme is romerig wit. In Engels staan die spesie bekend as die flame thorn. Die boom se FSA-nommer is 160.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Piet van Wyk. 2008.
Kategorie:Senegalia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika