Die gewone haakdoring (Senegalia afra) is 'n boom wat in die oostelike gedeelte van die land voorkom. Dit is een van die senegalia's met die minste dorings. Die dorinkie is onder die blaarstele gesetel en is klein, swarterig en effens gekrom. Die blomme is romerig-wit en word later geel. Die boom is ook inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek en Namibië.

Die boom se FSA-nommer is 162.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Piet van Wyk. 2008. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Senegalia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika