Lauraceae is die lourier- en avokadopeerfamilie wat hoort tot die orde Laurales. Wêreldwyd is daar 2000 spesies wat tot die familie hoort waarvan 10 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 9 bome. Verskeie bome wat tot die familie hoort is van ekonomiese belang onder andere die avokadopeer (Persea gratissima), die lourierboom (Laurus nobilis) en (Cinnamom zeylanicum) wat kaneel lewer. In Suid-Afrika kom drie genera voor wat bome insluit.

Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Breëblaarkweper Cryptocarya latifolia Kaapse kweper Cryptocarya woodii Rooikweper Cryptocarya wyliei Stinkhout Ocotea bullata

Ander spesies is: Avokado Persea americana Kaneel Kanferboom Cinnamomum camphora Sassafras (genus)

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies