Salicaceae is die wilger-familie wat hoort tot die orde Malpighiales. Die bekendste spesie in Suid-Afrika is die treurwilger (Salix babylonica) wat uit China kom. Die familie het afwisselende, enkelvoudige blare. Die blomme word in kort katjies gedra terwyl manlike en vroulike blomme aan verskillende bome gedra word. Die klein vruggies bars oop en stel polvormige, sade vry. Daar is 800 spesies wêreldwyd wat hoort tot die familie en 30 spesies kom plaaslik voor waarvan 20 bome is.
Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Bruinysterhout Homalium dentatum Doringpeer Scolopia zeyheri Kei-appel Dovyalis afra Rooipeer Scolopia mundii Safsafwilger Salix mucronata Suurbessie Dovyalis rhamnoides Snuifkalbassie Oncoba spinosa Treurwilger Salix babylonica Wilde-appelkoos Dovyalis zeyheri Wildemoerbei Trimeria grandifolia
Genera
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Salicaceae