Chrysobalanaceae is die grysappel-familie wat hoort tot die orde Malpighiales. Die familie word hoofsaaklik in tropiese gedeeltes van die wêreld gevind. Die blare is enkelvoudig en afwisselend. Daar is ook kliere op die blaarbasis of steel. Silikakristalle kom soms in die hout voor. Hulle dra ook vlesige vrugte met 'n enkele saad. Die familie bestaan uit 525 spesies wêreldwyd waarvan slegs twee in Suider-Afrika voorkom en net een 'n boom is.

Spesies Van die Suid-Afrikaanse spesies is: Grysappel (Parinari curatellifolia))

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies Kategorie:Chrysobalanaceae