Die wildesering of rooisering (Burkea africana) is 'n boom wat van die noorde van Suid-Afrika tot in midde-Afrika voorkom. Die middelgrootte, bladwisselende boom behoort aan 'n subfamilie van die peulplante, naamlik die Caesalpinioideae. Die genus is vernoem na Joseph Burke, 'n 19de-eeuse botanis en plantversamelaar.
Daar is net een spesie in die genus Burkea, dit is dus 'n monotipiese takson.
Verspreiding Dit is wydverspreid in tropiese Afrika, en is inheems aan Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, DRK, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek van die Kongo, Senegal, Sentraal Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Beskrywing duimnael|links|Blomknoppe Dit het tipies 'n spreidende en redelik plat blarekroon. Die blare is dubbelveervormig saamgesteld, silwerig-behaard maar later haarloos. Die blomme is roomwit, geurig, en in hangende raseme van tot 30 cm lank.
Hout en bas Die kernhout lewer duursame, insekbestande hout met 'n redelik fyn, golwende grein wat wissel van donkerbruin na rooierig bruin. Dit word gebruik vir blokkiesvloere en fyn kabinet- en meubelskrynwerk. Die bas is toksies, ryk aan alkaloïede en tanniene, en is al vir leerlooiery aangewend. Verpoeierde bas word gebruik om visse in waterpoele te verlam.
Voedselplant Die loof is voedsel vir die larwes van twee soorte pouoogmotte (familie Saturniidae), naamlik Rohaniella pygmaea en Imbrasia forda.
Kyk ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe