Johannes Lodewikus Myburgh (24 Augustus 1936, Senekal – 15 Junie 2012, Pretoria) – bekend as Mof – was 'n Springbokrugbyspeler wat agtien toetse vir Suid-Afrika gespeel het. Hy het provinsiale rugby vir Noord-Transvaal gespeel.
Myburg is op 24 Augustus 1936 in Senekal in die Oos-Vrystaat gebore. Hy het as 'n speurder in die polisie gewerk en het vir 'n lank tyd as stut vir die Polisieklub gespeel.
Hy speel sy eerste toets in 1962 teen die Britse en Ierse Leeus in Johannesburg. Sy laaste toets was teen die All Blacks in 1970, ook in Johannesburg. Van die agtien wedstryde het sy span 12 gewen, 2 verloor en 4 was gelykop.
Myburg is ook 'n Blou Bul-legende, en het 109 wedstryde vir Noord-Transvaal gespeel.
Mof was 'n tydgenoot en spanmaat van Frik du Preez. Hy sal onthou word vir sy woorde nadat Noord-Transvaal die Westelike Provinsie in 1969 geklop het: "Ai, die Frik darem. Vandag het hy gedrop, geplace en gescore."30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995.
Hy is op 15 Junie 2012 op 75-jaruge ouderdom in die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria oorlede. Hy het probleme met sy hart gehad en is 'n paar dae voor sy dood ook met lewerkanker gediagnoseer. Hy laat sy vrou, Aneline, twee dogters en drie kleinkinders agter.
Verwysings
Bron Legendariese Springbok-stut 'Mof' Myburgh sterf, Beeld. 15 Junie 2012
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse polisiebeamptes Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Afrikaners