Schabir Shaik is 'n Suid-Afrikaanse sakeman van Berea, Durban, wat bekend geword het deur sy noue verbintenis met die destydse Suid-Afrikaanse adjunkpresident, Jacob Zuma. Hy is op 2 Junie 2005 skuldig bevind aan korrupsie en bedrog en vir 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy skuldigbevinding het twee weke later gelei tot die afdanking van Zuma uit sy pos as adjunkpresident.

Parool Op 3 Maart 2009 word Shaik op mediese parool vrygelaat, nadat hy slegs twee jaar en vier maande van sy vyftien jaar vonnis uitgedien het. Opposition slams release of Schabir Shaik M&GExpert: Shaik's release strange News24Parole only for terminally ill, says judge M&G Die hoof van kardiologie by die Inkosi Albert Lutuli-hospitaal in Durban, professor DP Naidoo, het Shaik persoonlik al in Desember 2008 ontslaan omdat hy klaarblyklik gesond genoeg was om na die tronk terug te keer. Ongeag bly Shaik tot sy parool in die hospitaal aan.'I discharged Shaik months ago from hospital' IOL Verskeie klagtes is aanhandig gemaak dat Shaik die bepalings van sy parool oortree - insluitende sy verblyf by die Thanda Privaat Wildreservaat vir drie nagte in Junie 2009.Schabir Shaik's parole paradise M&G Die Departement van Korrektiewe Dienste het gesê Shaik se parooloffisier het hom toestemming gegee om in 'n luukse lodge te herstel.Shaik had 'permission' to use luxury retreat IOL

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse kriminele Kategorie:Lewende mense