Die Bosveldboekenhout (Faurea saligna) is 'n boom wat inheems is in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Buite Suid-Afrika is dit inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
In Limpopo groei dit teen rotsagtige hellings en langs rivieroewers in die ander twee provinsies. Die boom is klein tot middelgroot en lyk baie soos 'n bloekomboom. Die jong blare en blaarstele is pienk. Die blomme is groenerig tot romerig wit en ruik na heuning. Die blomme en vrugte word in dun katjies van omtrent 12 cm gedra. Die hout het 'n liggelerige rooi kleur met 'n pragtige kantagtige patroon. Die boom se FSA-nommer is 75.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Genus FAUREA Harvey - Die Boekenhoutbome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Faurea Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe