Die wildepopulier (Macaranga capensis) is 'n boom wat deel van die Euphorbiaceae familie is. Die spesie is inheems in die Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gaboen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, langs die kus vanaf die Groot-Keirivier tot teen aan Mosambiek voor.

Die blare is groot en skildvormig. Die blaarsteel (petiolus) is lank en dun en is eeder aan die onderkant van die blaar as die rand vasgeheg. Daar is drie tot vier prominente hoofare wat van dié punt uitstraal. Die are is digharig aan die onderkant van die blaar. Die vrug lyk soos 'n klein, klewerige kapsule en is omtrent 4 mm in deursnee. Die vrug bars hoorbaar oop om 'n enkele saad, bedek met 'n vlesige rooi tot perserige aril, te onthul.

Die spesie staan ook as die riviermakaranga en die vals-populier bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Verwysings

Kategorie:Macaranga Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe