Dilma Vana Rousseff (Portugees: [ˈdʒiwmɐ ˈvãnɐ ʁuˈsɛf(i)]; * 14 Desember 1947) is 'n Brasiliaanse politikus wat vanaf 1 Januarie 2011 tot 31 Augustus 2016 as die 36ste president van Brasilië gedien het. Sy is die eerste vrou wat hierdie amp beklee het en is 'n lid van die Brasiliaanse Arbeidersparty.

Op 3 Desember 2015 het die Kamer van Afgevaardigdes vir Rousseff se verwydering uit die amp gestem, nadat oortredings in die bestuur van openbare finansies waargeneem is. Op 12 Mei 2016 het die Senaat van Brasilië Rousseff se magte en pligte as president vir tot ses maande tydelik opgeskort of totdat die Senaat 'n uitspraak lewer; sy van die amp onthef word indien sy skuldig bevind word, of vrygespreek word van die misdade.

Adjunkpresident Michel Temer het haar bevoegdhede en pligte as waarnemende president van Brasilië gedurende die opskorting oorgeneem. Op 31 Augustus 2016 het die Senaat met 61–20 stemme vir Rousseff se verwydering uit die amp gestem, nadat hulle Rousseff skuldig bevind het aan die oortreding van die land se begrotingswetgewing. Sy is opgevolg deur Michel Temer wat tot die verkiesing van 2018 as president van Brasilië gedien het.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Presidente van Brasilië Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense