Murray Newton Rothbard (Geb. 2 Maart 1926 - † 7 Januarie 1995) was 'n Amerikaanse ekonoom, geskiedkundige en filosoof van Joodse afkoms. Hy was 'n prominente voorstander van die Oostenrykse Leerskool van ekonomie en het baie gedoen om libertynisme te definieer deur die grondslag te lê vir die teorie van vrye-mark anargisme, wat hy "anarko-kapitalisme" gedoop het.F. Eugene Heathe. Encyclopedia of Business Ethics and Society. SAGE. 2007. p. 89 Rothbard het meer as twintig boeke geskryf en word as 'n sentrale figuur beskou in die Amerikaanse libertynse beweging.Ronald Hamowy, Redakteur, The encyclopedia of libertarianism, p 441.

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse akademici Kategorie:Amerikaanse ekonome Kategorie:Amerikaanse filosowe Kategorie:Amerikaanse geskiedkundiges Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Libertynisme Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 1995