Die Rooiboekenhout (Protorhus longifolia) is 'n boom wat voorkom vanaf die Oos-Kaap tot noord van KwaZulu-Natal. Hulle groei op die rande van woude en langs riviere. Die boom het enkelvoudige blare met opvallende are aan die onderkant. Die bas skei 'n klewerige gom af wat by die maak van assegaaie gebruik is om die steel in die lem te heg. Die boom se FSA-nommer is 364.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika longifolia Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika