Die koedoebessie (Pseudolachnostylis maprouneifolia) is 'n boom wat voorkom in die oostelike gedeelte van Limpopo en Mpumalanga. In die Krugerwildtuin word dit byna eksklusief op klipperige rante in die Lebomboberge noordwaarts van die Olifantsrivier aangetref, asook op koppies en rotsriwwe in die Punda Maria-gebied. 'n Paar eksemplare word ook tussen Letaba-ruskamp en Phalaborwa gevind. Daar is net een spesie in die takson, dit is dus 'n monotipiese takson.Plants of the World
Verspreiding Die boom is ook inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Identifikasie Die boom is middelgroot en groei in bosveld en op rotsrante op koppies. Die boom is opmerklik wanneer hy pragtige herfskleure kry. Die vrugte is dun en vlesig, ongeveer 2 cm in deursnee en liggeel wanneer dit volwasse is. Die groenerige wit blomme in onopvallend. Manlike en vroulike blomme word aan verskillende bome gedra. Die boom kry sy naam van koedoes, duikers en olifante wat graag van die blare en vrugte vreet.
Die boom se FSA-nommer is 308.Treetags
Infraspesies Die spesie het vier infraspesies: Pseudolachnostylis maprouneifolia var. dekindtii (Pax) Radcl.-Sm. Pseudolachnostylis maprouneifolia var. glabra (Pax) Brenan Pseudolachnostylis maprouneifolia var. maprouneifolia Pseudolachnostylis maprouneifolia var. polygyna (Pax & K.Hoffm.) Radcl.-Sm.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe