Wynand Claassen (16 Januarie 1951 in Schweizer-Reneke) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se sewe-en-dertigste Springbokkaptein. Hy het eers vir Noord-Transvaal en later vir Natal gespeel. Hy is 'n argitek.
Sy vader was George Claassen snr., 'n skoolhoof en destyds wenner van die Comrades-maraton in 1961. Wynand het self ook die Comrades-maraton 10 keer voltooi.
Bron Die Kapteins, Edward Griffiths, 2001,
Eksterne skakels
Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners