Kefeus is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Ruimtevoorwerpe duimnael|250px|links|NGC 6946, die Vuurwerk-sterrestelsel. Gamma Cephei is ’n dubbelster sowat 50 ligjare van die Aarde af. Dit bestaan uit ’n oranje subreusester en ’n rooi dwerg. Vanweë die beweging van die aarde se as (presessie) sal gamma Cephei die noordelike poolster wees tussen die jare 3000 en 5200 n.C. – dit sal omstreeks die jaar 4000 die naaste aan die noordelike hemelpool wees.

Delta Cephei is ’n veranderlike ster waarvan die veranderlikheid in 1784 deur John Goodricke ontdek is. Dit wissel tussen 3,5 mag en 4,3 mag oor ’n tydperk van sowat 5,4 dae.

NGC 188 is ’n oop sterreswerm en is een van die oudstes, asook die naaste een aan die noordelike hemelpool, en die Vuurwerk-sterrestelsel (NGC 6946) is ’n melkweg waarin nege supernovas waargeneem is, meer as in enige ander melkweg. Die newel NGC 7538 huisves die grootste protoster wat nog ontdek is.

Mitologie Kefeus was in die Griekse mitologie die koning van Aithiopië. Hy was die man van Kassiopeia en die pa van prinses Andromeda, na wie albei ook sterrebeelde genoem is.Staal, The New Patterns in the Sky Kassiopeia is glo in die lug geplaas omdat sy gespog het Andromeda is mooier as die Nereïdes.

Verwysings

Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. .

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Cepheus The clickable Cepheus Star Tales – Cepheus Cepheus Constellation

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia