André Neal Vos (9 Januarie 1975 in Oos-Londen) is 'n voormalige Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se nege-en-veertigste Springbokkaptein.
Jeugjare Hy het in Oos-Londen grootgeword en was op Laerskool Stirling en op hoërskool by Selbornekollege. Op laerskool het hy vleuel gespeel maar op hoërskool agsteman. Hy het Grens by die Cravenweek verteenwoordig en het in 1993 aan die Universiteit van Port Elizabeth begin studeer.
Rugbyloopbaan In 1993 haal Vos UPE se onder-21 span en in 1995 die OP-span. In 1997 sluit hy by die aan. Gedurende 1998 speel hy vir die Australiese Queensland Reds. Gedurende 1999 lei hy die Goue Leeus en maak in Junie sy toetsdebuut teen Italië. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.
Bron Die Kapteins, Edward Griffiths, 2001,
Eksterne skakel
Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lions rugbyspelers