Die Jaghonde (Latyn: Canes Venatici) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is in die 17de eeu deur Johannes Hevelius geskep. Dit word dikwels in illustrasies uitgebeeld as die honde van die Veewagter, ’n aangrensende sterrebeeld.

Geskiedenis Die sterre van die Jaghonde is nie helder nie. In die klassieke tyd het Ptolemaeus hulle in die sterrebeeld Groot Beer ingesluit. In die Middeleeue is die honde as die Veewagter se honde geïdentifiseer weens ’n verkeerde vertaling van die woord "knuppel". (Sekere sterre van die Veewagter is aanvanklik geïdentifiseer as die Veewagter se knuppel.)Allen (1963). p. 105.

Johannes Hevelius was in die 17de eeu die eerste sterrekundige wat besluit het om dié sterre ’n afsonderlike sterrebeeld te maak.Star Tales: Canes Venatici Hy het die noordelike hond Asterion ("klein ster") en die suidelike hond Chara ("vreugde") genoem. Hy het hulle is sy steratlas as die Jaghonde aangedui.

Ruimtevoorwerpe duimnael|250px|links|Die Draaikolk-sterrestelsel en sy kleiner metgesel, NGC 5195, in die sterrebeeld Jaghonde. Die sterrebeeld bevat geen helder sterre nie; α en β CVn is net 3 en 4 mag onderskeidelik. Die helderste ster is Cor Caroli (α² CVn), wat genoem is na Karel I, die afgesette koning van Engeland.Volgens sommige bronne is dit genoem na koning Karel II. La Superba (Y CVn) is ’n veranderlike ster wat in 158 dae wissel tussen 4,7 en 6,2 mag.

Die Jaghonde bevat vyf Messier-voorwerpe, insluitende vier sterrestelsels. Een van die bekendstes is die Draaikolk-sterrestelsel (M51 of NGC 5194), ’n spiraalstelsel 37 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit word dikwels beskou as een van die mooiste sigbare galaktikas. Dit het baie stervormende streke en newels in sy arms wat hulle pienk en blou verkleur in teenstelling met die ouer, geel kern. M51 het ’n kleiner metgesel, NGC 5195, wat baie min stervormende streke het en dus geel vertoon. Dit beweeg agter M51 verby en kan die rede wees vir die groter sterrestelsel se ontsaglike stervorming.

Messier 94 (of NGC 4736) is ’n sterrestelsel sowat 15 miljoen ligjare ver. Dit het ’n helder kern en spiraalvormige arms. Die buitestreke van die stelsel is besonder helder in die ultraviolet vanweë ’n ring van nuwe sterre om die kern wat 7 000 ligjare in deursnee is. duimnael|regs|250px|Y Canum Venaticorum, 'n halfreëlmatige wisselster, staan ook bekend as La Superba weens die sonderlinge kleur daarvan. Dit is een van die rooiste sterre bekend, en een van die helderste rooireus-koolstofsterre.

Verwysings

Eksterne skakels Photographic Catalogue of Deep Sky Objects in Canes Venatici The Deep Photographic Guide to the Constellations: Canes Venatici Star Tales – Canes Venatici, deur Ian Ridpath

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia