Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Weegskaal (sterreteken).

Die Weegskaal (Latyn: Libra) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit is redelik dof en het net een ster helderder as 3 mag.

Ruimtevoorwerpe duimnael|links|220px|Die sterrebeeld Weegskaal kan met die blote oog gesien word. Die helderste sterre van die Weegskaal vorm ’n vierhoek: Alpha Librae (Zubenelgenubi; "suidelike klou"), ’n dubbelster Beta Librae (Zubeneschamali; "noordelike klou") Gamma Librae (Zubenelakrab; "skerpioen se klou") Sigma Librae (Brachium), ’n veranderlike ster

Die sterrebeeld huisves die ster Gliese 581, wat ’n planetêre stelsel van ses planete het. Gliese 581 d en Gliese 581 g is albei baie moontlike kandidate vir lewe, hoewel Gliese 581 g se bestaan betwis word en onseker is.Found: first rocky exoplanet that could host life, NewScientist, 29 September 2010 Gliese 581 c is die eerste planeet soortgelyk aan die Aarde wat om die ster gevind is. Gliese 581 e is sover bekend die planeet met die kleinste massa wat om ’n normale ster wentel. Dit is moontlik dat enige van hierdie planete lewe sal kan huisves.SPACE.com – Major Discovery: New Planet Could Harbor Water and Life

Geskiedenis Die Weegskaal was in die Babiloniese sterrekunde bekend as MUL Zibanu ("die weegskaal") of as die Skerpioen se Klou. Die skaal was heilig vir die songod Sjamasj, wat ook die beskermheilige van die waarheid en geregtigheid was.Babylonian Star-lore, deur Gavin White, Solaria Pubs, 2008, bl. 175 Die sterrebeeld word sedertdien vereenselwig met die wet, geregtigheid en welwillendheid. In Arabies beteken zubānā "skerpioen se kloue" en dit kan wees hoekom die Skerpioen se kloue die Weegskaal geword het.

In die Romeinse mitologie word die sterreteken beskou as die weegskaal wat vasgehou word deur Astraia (voorgestel deur die Maagd), die godin van geregtigheid.

Die Weegskaal is die enigste sterrebeeld van die diereriem wat nie ’n lewende wese simboliseer nie.

Verwysings

H.A. Rey, The Stars — A New Way to See Them. Houghton Mifflin, Boston, 1997. . Ian Ridpath en Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. . Princeton University Press, Princeton. .

Eksterne skakels The Deep Photographic Guide to the Constellations: Libra Libra constellation Star Tales – Libra

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia