Robert Brian Skinstad (*3 Julie 1976 in Bulawayo) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein. Hy is in Rhodesië (tans Zimbabwe) gebore en het 42 keer vir die Springbokke uitgedraf waartydens hy 55 punte (11 drieë) aangeteken het. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999 en die wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2007. Skinstad was na sy uittrede uit aktiewe rugby 'n analis en kommentator vir SuperSport.

Eksterne skakels

Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Cats rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Zimbabwiese rugbyspelers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lions rugbyspelers