Vir die dorpie in Limpopoprovinsie, sien Middeldrift, Limpopo.

duimnael|links|Landskap naby Middeldrif.

Middeldrif (ook Middledrift of Middeldrift) is 'n nedersetting 90 km noordwes van Oos-Londen in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit is geleë in die Raymond Mhlaba Plaaslike Munisipaliteit van die Amathole-distrik in 'n gebied wat voorheen deel van die Ciskei was.

Die dorp in geleë aan die Keiskammarivier, 45 km wes-noordwes vanaf Qonce (voorheen King William's Town) en 16 km oos-suidoos van Alice. Dit is gestig in 1853 en geproklameer in 1882. Aanvanklik heet dit Beaconsfield, maar die naam is verander na die Hollandse "drift" tussen twee ander.

Gesondheid en Korrektiewe Dienste Behalwe vir noodsaaklike munisipale dienste, is Middeldrif ook die tuiste van twee regeringsfasiliteite: Middeldrift Gemeenskapsgesondheidssentrum, bestuur deur die Oos-Kaapse Departement Gesondheid, en Middeldrift Korrektiewe Dienstefasiliteit, 'n voormalige maksimum-sekuriteitsgevangenis.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap