Die haak-en-steek (Vachellia tortilis) is 'n droogtebestande doringboomspesie wat wydverspreid in woestyn-, halfwoestyn- en savannestreke aangetref word. Volwasse bome ontwikkel 'n plat of effens geronde kroon, en die twee doringtipes waarna dit vernoem is, is maklik sigbaar. Die peule word deur wild en vee gevreet wat dan die sade versprei.

Inheemse name vir die boom sluit in Mosu of Mosunyana in Tswana, umSasane in Zoeloe en Umbrella thorn in Engels. Die boom se FSA-nommer is 188.

Verspreiding Dit kom voor van die woestynstreke in die Midde-Ooste en suidwaarts tot in Suid-Afrika. In Suider-Afrika is dit teenwoordig in Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Eswatini en die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. In Suider-Afrika toon dit 'n voorkeur vir droë, laagliggende bosveld en grasveld. In die res van Afrika en die Midde-Ooste is die boom inheems in Algerië, Angola, Burkina Faso, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Golf State, Jemen, Kenia, Libanon, Libië, Malawi, Mali, Mauritanië, Marokko, Niger, Nigerië, Oman, Palestina, Saoedi-Arabië, Senegal, Sinai, Sirië, Soedan, Sokotra, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Tunisië, Uganda, Westelike Sahara en Zambië.

Beskrywing Die kroon is aanvanklik gerond, maar word platter namate dit groter raak. Dié boom verskil van baie ander akasias deurdat dit reguit sowel as gekromde dorings het. Albei soorte dorings groei dikwels saam op dieselfde takkie wat aanleiding gee tot die naam haak-en-steek. Ander akasias met reguit en krom dorings is die rooihaak of vals-haak-en-steek (A. reficiens), die trassiedoring (A. hebeclada) en die buikdoring (A. luederitzii).

Die blomme word in wit of roomkleurige hofies gedra. Die boom se saad word in peule gedra wat 5 tot 9 mm breed en op kenmerkende wyse verdraai is. Dié verdraaide peule en die kombinasie van haak- en reguit dorings maak dit maklik om die boom uit te ken.

Kyk ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Eksterne skakels

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. Plants of the World Online

Verwysings

Kategorie:Vachellia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Algerië Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Egipte Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Libanon Kategorie:Flora van Libië Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Marokko Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Oman Kategorie:Flora van Palestina Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van Sirië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Sokotra Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Tunisië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Wes-Sahara Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe