'n Ligjaar is 'n afstandseenheid wat gelyk is aan net minder as 10 biljoen (10 x 1012) kilometer. Dit is die afstand wat lig in 'n vakuum aflê in een Juliaanse jaar (365,25 dae of 31 557 600 sekondes). Dit word dikwels gebruik om die afstand van hemelliggame uit te druk, veral in niewetenskaplike publikasies. Die eenheid wat deur wetenskaplikes verkies word, is parsek (sowat 3,26 ligjare).
Waardes duimnael|regs|300px|Die deursnee van die Andromeda-sterrestelsel is 140 000 ligjare.
1 ligjaar = 9 460 730 472 580 800 meter (presies)Die spoed van lig is 299 792 458 ~ 3 m/s. Dus, die afstand wat lig in een jaar kan aflê is: 299 792 458 m/s × 3600 s/h × 24 h/dag × 365.25 dae/jaar = 9 460 730 472 580 800 meter 9,461 biljoen kilometer 5 878 biljoen myl 63 241 astronomiese eenhede 0,306601 parsek
Ander lengte-eenhede kan op dieselfde manier gevorm word. 'n Ligsekonde word dikwels in sterrekunde en telekommunikasie gebruik; dit is presies 299 792 458 meter of van 'n ligjaar. Ook ligminuut, liguur, ligdag en ligmaand word soms gebruik. Laasgenoemde is rofweg 'n twaalfde van 'n ligjaar.
Gebruik van die term Afstande wat in ligjare uitgedruk word, sluit in dié tussen sterre in dieselfde algemene streek, soos dié wat in dieselfde spiraalarm of sterreswerm voorkom. Sterrestelsels self strek oor ’n paar duisend tot ’n paar honderdduisend ligjare en is miljoene ligjare van ander sterrestelsels geleë. Afstande na verafgeleë voorwerpe soos kwasars en die Groot Muur van Sloan kan tot miljarde ligjare beslaan.
+Lys van grootteordes vir lengte Skaal (lj.)WaardeVoorwerp10-9Weerkaatste sonlig van die Maan se oppervlak neem 1,2-1,3 sekondes om tot by die Aarde se oppervlak te beweeg (dit is rofweg tot kilometer).10-6Een astronomiese eenheid (AE; die afstand tussen die Son en die Aarde). Dit neem lig sowat 499 sekondes (8,32 minute) om dié afstand af te lê.Die Huygens-tuig land op Titaan naby Saturnus en stuur beelde van die maan se oppervlak, sowat 1,2 miljard km van die Aarde af.New Horizons vlieg op ’n afstand van 4,7 miljard km verby Pluto, en kommunikasie neem 4 uur 25 minute om die Aarde te bereik.10-3Die ruimtetuig wat die verste van die Aarde af is, Voyager 1, was in Oktober 2014 sowat 18 ligure van die Aarde af. Dit sal sowat jaar duur om 1 ligjaar () weg te beweeg teen sy huidige snelheid van sowat 17 km/s relatief tot die Son.Voyager 1 se afstand in Oktober 2018, byna 20 ligure van die Aarde af 100Die Oortwolk se deursnee is sowat 2 ligjare. Sy binneste grens word geraam op ’n afstand van en sy buitenste rand op .Maksimum omvang van die Son se swaartekragoorheersing (Hill-sfeer/Roche-limiet, ). Hierna kom die interstellêre medium voor buite die Son se swaartekraginvloed.Die naaste ander bekende ster, Proxima Centauri, is sowat 4,22 ligjare van hier af.Sirius, die helderste ster in die naglug. Sy massa is twee keer die Son s’n en sy ligsterkte 25 keer die Son s'n.HD 10700 e, ’n kandidaat-eksoplaneet vir lewe. Sy massa is 6,6 keer dié van die Aarde en dit is in die bewoonbare sone van die ster Tau Ceti.Gliese 581, ’n rooidwerg met verskeie waargenome eksoplanete.Canopus, naas Sirius die helderste ster van hier af, is ’n tipe A9- helder reus en keer so helder soos die Son. 103A0620-00, die naaste bekende swartkolk, is sowat ligjare van hier af.Die middel van die Melkweg is sowat ligjare van die Aarde af.Die Melkweg is sowat ligjare breed.R136a1, in die Groot Magellaanse Wolk, is die helderste bekende ster (met sowat 8,7 miljoen keer die ligsterkte van die Son); dit het ’n skynbare magnitude van 12,77. 106Die Andromeda-sterrestelsel is sowat 2,5 miljoen ligjare van hier af.Die Driehoek-sterrestelsel (Messier 33), is sowat 3 miljoen ligjare ver en is die verste voorwerp wat met die blote oog gesien kan word.Die naaste groot sterrestelselswerm, die Virgo-swerm, is sowat 59 miljoen ligjare ver. – Die Groot Aantrekker lê iewers tussen 150 miljoen en 250 miljoen ligjare van hier af. 109Die Groot Muur van Sloan en Groot Muur in Hercules-Corona Borealis is na raming sowat 1 miljard ligjare ver.3C 273, opties die helderste kwasar, met ’n skynbare magnitude van 12,9, is sowat 2,4 miljard ligjare van hier af.Die afstand van die Aarde tot by die kant van die sigbare heelal is sowat 45,7 miljard ligjare in enige rigting; dit is die radius van die sigbare heelal.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Meeteenhede in sterrekunde Kategorie:Meetkunde Kategorie:Lengtemate