Die rooiessenhout (Trichilia emetica) is 'n boom in die Meliaceae familie. Die boom het 'n donkergroen, digte kroon. Die roomgroen blomme en die vrugte lok baie voëlsoorte. Die boom is 'n vinnige groeier en 'n uitstekende koelte- en skermboom. Dit benodig matige water en vol son. Die blomtyd is vanaf Augustus tot Oktober.

Die boom se FSA-nommer is 301.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die boom bekend as die Natal Mahogany.

Verspreiding Hierdie bome kom voor in middel- tot hoogliggende streke in boswêreld en langs rivieroewers van Suid-Afrika in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Verder noord in Afrika is die boom inheems aan Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Cabinda in Angola, Kaprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Kategorie:Trichilia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Guinee-Bissau Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Sierra Leone Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe