Die Anaboom (Faidherbia albida) - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal asook Eswatini.

Alhoewel Akasias met aarvormige blomme byna altyd haakdorings het, is die anaboom die uitsondering. Die blomme is roomwit in are en die dorings is reguit – tot sowat 2 cm lank. Die boom word tot 30 m hoog. Die boom dra buitengewoon groot, gekromde helder oranje tot rooierige peule. Die peule word deur vee en wild gevreet.

Die boom is die enigste spesie in die genus Faidherbia, wat aan die sub-familie Mimosoideae behoort en op sy beurt weer aan die familie Fabaceae behoort. Die boom se FSA-nommer is 159.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Livingstone se bome

Verwysings

Bronne Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000.

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Peulplante Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika